McBride-dokter se saak uitgestel
2010-06-09 23:13
Pretoria- Die saak teen die dokter wat na bewering ‘n vervalste mediese sertifikaat uitgereik het na die ongeluk van die Ekurhuleni-metropolisiehoof, Robert McBride, is uitgestel tot 21 September.
Dít kom nadat die staat Woensdag ‘n versoek aan die hof gerig het.
Landdros Pieter van Vuuren het gesê dat hy bekommerd is dat die saak te lank sloer.
“Ons moet hierdie saak so gou moontlik afhandel,” het Van Vuuren gesê. Volgens hom regverdig die aanklag teen dr. Joseph Moratioa nie soveel tyd en hulpmiddels nie.
Moratioa staar ‘n aanklag van bedrog in die gesig na afloop van McBride se ongeluk. McBride se voormalige kollega het erken dat hulle ná die ongeluk ‘n dokter gesoek het wat bereid sou wees om ‘n vervalste mediese verslag te skryf.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA