'Mbeki sweer saam teen Zuma'

2011-12-04 07:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Oudpres. Thabo Mbeki sit agter die aanklagte van verkragting en korrupsie teen pres. Jacob Zuma.

Dit is van die bewerings deur adv. Willem Heath, nuutaangestelde hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), in ’n onderhoud met City Press, Rapport se susterkoerant.

Zuma is in 2006 vrygespreek op die aanklag van verkragting en die aanklag van korrupsie is laat vaar.

Heath sê Mbeki het aan die na­sionale vervolgingsgesag (NVG) “voorgeskryf” in Zuma se verkragtingverhoor.

Regter Hilary Squires se uitspraak in Schabir Shaik se korrupsiesaak was gebrekkig omdat daar nie genoeg bewyse was om hom tronk toe te stuur nie.

“Hulle (Shaik en Tony Yengeni) is opgeoffer. Dit was maklik om hulle te offer. En toe inisieer Mbeki natuurlik Zuma se vervolging. Nie net wat betref die korrupsieaanklagte nie, maar ook die verkragtingsaak.

“Hy (Mbeki) het aan die NVG voorgeskryf watter besluite hulle moet neem. Ek kan nie die bewyse aan jou verklap nie, maar daar is oor die algemeen geen twyfel nie dat hy ’n sterk sê in daardie besluite gehad het en tog was die NVG veronderstel om onafhanklik te wees.”

Die verkragting, sê Heath, was ’n lokval. “Daar was geen bewyse nie. En dit is wat regter Willem van der Merwe uiteindelik bevind het.

“Daar was duidelik ’n seksverhouding, maar gegrond op die getuienis in die hof het die vrou die aand by hom deurgebring.”

Zuma het Heath die afgelope week aangestel as hoof van die SOE in die plek van adv. Willie Hofmeyr wat aanbly as hoof van die batebeslagleggingseenheid.

Oudpres. Nelson Mandela het Heath in 1996 aangestel om die SOE te stig, maar hy het in 2001 as SOE-hoof bedank toe die konstitusionele hof bevind het ’n dienende regter mag nie ’n langtermyn-ondersoekeenheid lei nie.

Mbeki het geweier dat Heath se aftrede vervroeg word en hy moes as regter bedank.

Dié stap, sê Heath, het hom ’n “armlastige” gemaak.

Hy verdedig sy hulp aan Zuma om die korrupsieklagte teen hom (Zuma) teruggetrek te kry en sê daar is baie meer ANC-leiers wat betaal is deur “diegene met geld”.

Heath erken dat hy betalings namens die vermoorde mynbaas Brett Kebble gemaak het wat sommige kan vertolk as “omkoopgeld”.

Oor hoe sy paaie in 2005 met dié van ­Zuma gekruis het, sê Heath Zuma het gebel en hul gesprekke was “eers oor verskeie konstitusionele kwessies, waarvan ek nie die detail kan verklap nie, en uiteindelik het ons hom raad gegee oor die verkragting- en korrupsie­saak”.

Oor die sogenaamde spioen-opnames sê Heath: “Ek was verbaas oor die absolute intieme detail en omdat ek betrokke was by ondersoeke namens die Kebbles het ek van die inligting herken wat bespreek is. Ek kon dit verbind met wat ek uitgevind het as deel van my opdrag van die Kebbles. Dis hoekom ek gemeen het dis eg.”

In van dié inligting word beweer adv. Bulelani Ngcuka, voormalige direkteur van openbare vervolging, het aangedring op betaling en agterna het sy vrou, ’n voormalige minister, gesê: “Wel, hy is betaal, so ek wil ook betaal word.” Die identiteit van die persoon aan die woord is nie bekend gemaak nie.

Heath hou vol daar was ’n sameswering teen Zuma en dat die NVG opdrag gekry het om “die saak op daardie grondslag te vervolg”.

Mbeki is oorsee en is eers volgende week terug, het Mukoni Ratshitanga, sy woordvoerder, Saterdag gesê.

“Sy (Mbeki se) kantoor sal die artikel en aanhalings bestudeer wat aan adv. Heath toegeskryf word en besluit of, hoe en wanneer om te reageer.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... DEVON - BAIE DANKIE ... net soos my kommentaar verwyder is by die boer wat aangeval is ! Ek deel jou gevoel ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Client Service Director

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R35000 - R45000

Technical Officer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R90 - R120

REFUNDS CLERK

Cape Town: Northern Suburbs
Quantex Executive Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2007
R 124,900.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 157,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.