Mbeki-segsman ontken Cope-berigte
2011-01-14 18:00
Johannesburg – Oud-President, Thabo Mbeki se woordvoerder het berigte verwerp dat die voormalige leier direk betrokke was by die stigting van Cope.
Mukoni Ratshitanga het gereageer op die inhoud van 'n gelekte dokument wat op WikiLeaks verskyn het, dat Mbeki betrokke was by die formulering van Cope se beleid.
Die inhoud van die dokument handel oor 'n vergadering tussen 'n diplomaat van die Amerikaanse ambassade en 'n professor van Unisa, Dirk Kotze.
Kotze het volgens berigte aan die diplomaat gesê Cope se woordvoerder, Smuts Ngonyama, 'n destydse vertroueling van Mbeki, het gesê die beleidsdokument is deur Mbeki opgestel.
Beide Ngonyama en Kotze het die berigte ontken.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter