Mbeki: Muilband-plan weerspieël korrupsie

2010-08-27 08:43
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein. – Die voorgestelde Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting en die ANC se beoogde mediatribunaal stem vir hom ooreen met die toename in korrupsie in regeringskringe.

Só het Moeletsi Mbeki, sakeman, ontleder en broer van oudpres. Thabo Mbeki, gister by die Universiteit van die Vrystaat (UV) gesê.

Mbeki het studente toegespreek oor sy standpunt teen die Afrika-kapitalistiese projek soos vervat word in sy boek Architects of Poverty.

Hy het gesê deursigtigheid in die regering is uiters belangrik en die regering se plan om die media te muilband, is juis ’n weerspieëling van toenemende korrupsie.

“Die media, veral die gedrukte media, speel ’n groot rol in die openbaarmaking van korrupsie.”

Hy het verwys na die ontbinding van die Skerpioene (die direktoraat vir spesiale ondersoeke) en gesê die ontbinding is juis omdat hulle pres. Jacob Zuma van korrupsie aangekla het.

Mbeki het sowat drie weke gelede ’n vergadering met Cosatu se hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, gehad.

“Vavi moet nou vier lyfwagte hê omdat hy gesê het Suid-Afrikaanse ministers moet geoudit word. Nou word hy met die dood gedreig.”

Oor Suid-Afrika se ekonomie skets Mbeki ’n donker prentjie wat hy met kommerwekkende statistieke ondersteun het.

“Ons is besig om van ons ekonomie te verbruik in plaas daarvan om in ons ekonomie te belê.”

Luidens onlangse navorsing van die Universiteit van Kaapstad is 63% tot 75% van die swartes in die land werkloos.

Nog 14 miljoen mense lewe van maatskaplike toelaes.

Dit wat in die naam van “swart ekonomiese bemagtiging” gepleeg word, is presies dit wat Afrika verarm het, het hy gesê.

Die land het beweeg van een wat ekonomies groei tot een wat onderontwikkeling aanhelp, het Mbeki gesê.

“En Julius Malema het nie eens sy houtwerk deurgekom nie, nou wil hy die mynbedryf nasionaliseer.”

Hy sê Suid-Afrika se ekonomiese beleid is die slegste beleid ter wêreld wat die land in die verkeerde rigting bestuur.

Geen entrepreneurskap word in die land ontwikkel nie.

Die studente het aan Mbeki se lippe gehang en die uur lange praatjie is verleng.

Hy het gesê hy sou graag in die Reitz-kamerwonings wou slaap.

Mbeki werk reeds aan sy volgende boek, oor verskeie oplossings vir Suid-Afrika se voortslepende probleme.

Hy maak gebruik van verskeie medeskrywers,insluitend die rektor van die UV, prof. Jonathan Jansen.
 

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: mediavryheid  |  media

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

legens sê... en halleluja Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Professional MY10
2011
R 149,950.00

VOLKSWAGEN

Polo Sedan 1.4 Comfortline
2011
R 176,999.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.