Mbeki: Gemene identiteit nodig in SA
2010-10-16 18:22
Johannesburg - Oudpres. Thabo Mbeki het Suid-Afrikaners Saterdag uitgedaag om 'n "gemene identiteit" vir die land te bespreek, berig die SABC.
Hy het gewaarsku dat skeidings rondom taal, etnisiteit en ras 'n struikelblok is om eenheid en kohesie te bereik.
Mbeki het gesê 'n gemene identiteit is nodig ongeag ras, geslag, ouderdom of geloofsoortuiging.
"Suid-Afrika moet trots wees daarop dat hy die wieg van die mensdom is en bygedra het tot wêreldwye beskawing," het Mbeki tydens 'n toespraak by die Royal Bafokeng Palace in Rustenburg gesê.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA