Mbalula vol lof vir die jeugliga
2012-01-06 22:19
Thaba Nchu – Die minister van sport, Fikile Mbalula, het pogings om die ANC-jeugliga stil te maak afgemaak en gesê dat die jeugliga ‘n noodsaaklike pyn vir die regerende party is.
“Die ANCYL het die ANC verander en het sy ideologie gevorm... Dit is ‘n noodsaaklike pyn vir die ANC,” het Mbalula aan ‘n groep mense gesê tydens ‘n mini veldtog wat deur die jeugliga by Thaba Nchu buite Bloemfontein georganiseer is, as deel van ‘n program van die ANC se eeufeesvieringe.
Mbalula het gesê die jeugliga is ‘n outonome en militante organisasie van die ANC.
“Diegene wat die karakter van die jeugliga wil verander en dit iets anders wil maak, moet daardie veranderinge voorstel by die grondwet van die ANC in Mangaung (waar die ANC hierdie jaar nuwe leiers sal kies).”
Mbalula het genoem dat die voormalige ANC-president, Alfred Xuma, uit sy magsposisie verwyder is toe hy geweier het om na die jeugliga te luister.
Xuma was tussen 1940 en 1949 president van die ANC, maar hy is uit sy amp verwyder toe hy die ondersteuning van Nelson Mandela se jeugliga verloor het toe hy geweier het om die liga se voorstel vir militante aksie te ondersteun.
Hy is vervang deur James Moroka wat die goedkeuring van die ANC-jeugliga gehad het en wat slegs ure voor sy aanstelling by die party aangesluit het.
“Moroka is as president verkies omdat hy saamgestem het met die militante program van aksie,” het Mbalula gesê.
“Die ANCYL ... is ‘n militante organisasie van die ANC.”
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA