Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Mbalula-uitlatings beledigend, sê ANC

2012-10-22 17:56
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Fikile Mbalula, minister van sport, se uitlatings dat hy geen tyd het vir pres. Jacob Zuma nie, is beledigend en oneerbieding, het die ANC-provinsies Maandag gesê.

Die ANC in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal het gesê Mbalula het die party ondermyn deur sy uitlatings in die media te maak.

"Die geneigdheid om dit te doen, ondermyn nie net die leierskap van die organisasie nie, maar is teenstrydig met die beginsels wat die politieke lewe van die ANC definieer," het die ANC in KwaZulu-Natal gesê.

Die ANC in die Oos-Kaap het saamgestem en gesê sy uitlatings veroorsaak dat hy as 'n oneerbiedige jong man, kamerade en kabinetsminister gesien word.

Albei provinsies het verwys na 'n berig in The Star waarin Mbalula gesê het hy het "geen tyd" vir Zuma nie, en het pogings van Zuma-lojaliste om hom te "neutraliseer", verwerp.

"Hulle het na my toe gekom en my 'n posisie aangebied om my te neutraliseer," het hy volgens die dagblad gesê.

Mbalula sê hy is die pos as die ANC se adjunk-sekretaris in die nasionale uitvoerende komitee aangebied indien hy sou instem om nie meer Zuma se mededingers by die ANC se verkiesingskonferensie in Mangaung in Desember te ondersteun nie.

"Hulle besef hulle kan nie polities oorleef nie. Hulle oorleef net op grond van korrupsie," het Mbalula gesê.

Hy het berigte dat hy twee weke gelede by Luthuli-huis ingestem het om Zuma te ondersteun, ontken.

"Ek het geen tyd vir Zuma nie. Hy het sy eie probleme geskep. Hy trou elke week."

Die ANC in KwaZulu-Natal het gesê Mbalula moet sy stellings terugtrek.

"Indien hy nie die stellings terugtrek nie, sal ons voorstel dat hy as lid van die nasionale uitvoerende komitee en minister van sport bedank."

Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, het Maandag versoeke om kommentaar na die ANC verwys.

Keith Khoza, nasionale woordvoerder van die ANC, het gesê dit is moeilik om kommentaar te lewer, omdat hy nog nie met die president of Mbalula gepraat het nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: fikile mbalula  |  politiek  |   |  anc
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
32 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Adele Coetzee sê... Wie moet nou geglo word? Nuus24 of News24? Op news24 woed gese 'no visible injuries', op nuus24 word gese daar was een koelwond in sy kop? Op tvnuus is daar ook gisteraand gese een koelwond in sy kop, maar vanoggend weer gese,'no visible injuries'. Hoe kan die berigte so verskil? Wat is nou die waarheid? Is hy geskiet of is hy nie? Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Houghton Estate - 07:23 AM
    Road name: M1 Both Ways
    DELAYS approaching the Riviera Road exit
  • Wednesday Fourways - 07:22 AM
    Road name: N1 Northbound
    DELAYS between Beyers Naude Drive and the Rivonia Road exit
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.