Mazibuko-verkiesing goed vir SA – Zuma
2011-11-01 16:30
Kaapstad – Die verkiesing van Lindiwe Mazibuko as die DA se parlementêre leier voorspel goeie dinge vir Suid-Afrika, het pres. Jacob Zuma Dinsdag gesê.
"Ek dink dit voorspel goeie dinge vir Suid-Afrika," het Zuma op 'n sake-ontbyt in Kaapstad gesê.
"Ek dink dit is 'n aanduiding dat ons demokrasie, sowel as die bemagtiging van vroue werk."
Mazibuko is bo die hoogs ervare Athol Trollip tot die posisie verkies.
"Ek dink die feit dat jy 'n ervare man wat 'n teenstander was en deur 'n jong dame geklop is, wys dat demokrasie werk in die land."
"Dit gee 'n geleentheid aan alle Suid-Afrikaners van alle ouderdomme om deel te neem."
Zuma het gesê die Demokratiese Alliansie sal nie permanent beheer hê oor die Wes-Kaap nie.
"Mense in die Wes-Kaap het 'n spesifieke smaak in terme van politiek. Dit is nie 'n permanente kwessie nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA