Mazibuko sê sy is ‘n 'idool'

2012-02-06 20:54
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die DA se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, het Maandag aan die Kaapse Persklub gesê sy het ‘n rolmodel vir jong meisies van alle rasse geword.

“Die demografie van jong mense wat my in die straat voorkeer... die meeste van hulle is tienermeisies en jonger meisies van alle rasse wat my vra watter vakke hulle op hoërskool moet neem om ‘n LP te word. Hulle sê hulle dink dit is so opwindend dat ek ‘n Lid van Parlement is en ook dat my hare goed lyk,” het sy gesê.

Mazibuko het gesê sy het nie die “rassekaart” gespeel in haar veldtog om parlementêre leier te word nie, maar het gesê sy glo dit was belangrik dat sy diversiteit byvoeg tot die top-strukture van die DA.

“Jong mense, veral, stel belang in die toekoms van hierdie party... hulle identifiseer met, en bewonder, lede van die leierskap op ‘n manier wat hulle nie vyf of tien jaar gelede sou nie.”

Sy het gesê swart stemmers vind toenemend “ideologiese resonansie” met die DA en sy glo dat die party binne die volgende twee verkiesings ‘n dramatiese verandering in sy ondersteunersbasis sal sien.

“Om aan ons diversiteit toe te voeg, is ‘n uitdaging. Die manier waarop ons ras in die DA hanteer, is iets wat ons gedurig aanpak.

“Ek is vol vertroue dat dit ‘n uitdaging is waarmee ons teen ‘n hoë spoed te werk gaan.”

Mazibuko wou nie direk kommentaar lewer op die rasseherrie, te danke aan die LP Masizole Mnqasela wat gesê het haar verkiesing is bloot uiterlike vertoon wat nie swart stemme sal flous nie, om haar verkiesing nie.

Die partyleier, Helen Zille, het gesê sy opmerkings herinner aan die argitek van apartheid, Hendrik Verwoerd. Mnqasela sal nou dissiplinêr verhoor word nadat hy die party in oneer gebring het.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: lindiwe mazibuko

Lewer kommentaar op hierdie artikel
39 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Wil Cosatu dan pleit dat as swart jongmense huisbraak pleeg en van witmense steel dat hulle net vrygespreek en verskoon moet word? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.