Mazibuko lui nuwe hoofstuk vir DA in

2011-10-28 07:01
Tweets Share Share line Print

Athol Trollip, uittredende leier van die opposisie, wens sy opvolger, Lindiwe Mazibuko, geluk. (Foto24)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad – ’n Nuwe hoofstuk het Donderdag vir die DA aangebreek toe die 31-jarige Lindiwe Mazibuko tot parlementêre leier van die party verkies is.

Sy het Athol Trollip ontsetel met 50 stemme teen 31, en word daarmee die eerste swart leier van die opposisie in die Suid-Afrikaanse parlement.

Mazibuko het op ’n dag van hoogspanning ’n verrassend groot oorwinning behaal, en in DA-kringe word nou met sekerheid voorspel haar kanse is uitstekend om Helen Zille as DA-leier op te volg, veral as sy die verwagte impak in die parlement maak.

Die omvang van haar oorwinning en die samestelling van die DA-koukus toon dat haar steun oor die grense van ras en taal gestrek het.

Hoë eise sal na verwagting aan haar gestel word deur die ANC se reaksie op die nuwe uitdaging om deur ’n jong, welsprekende swart vroue-opponent in die gesig gestaar te word.

Mazibuko het op ’n mediakonferensie ná haar oorwinning gesê sy is gereed vir die groot taak op haar skouers.

“Ek is bewus daarvan dat die ANC nie baie respek het vir die opposisie in die parlement nie. Wanneer respek nie gegee word nie, is ek heeltemal bevoeg om dit af te dwing,” het sy gesê.

Sy het haar mede-koukuslede bedank vir hul vertroue en gesê dis haar doelwit dat die DA in 2014 sterk groei.

As elkeen in die opposisie sy plig doen, kan ’n koalisie van opposisiepartye ’n goeie kans staan om die ANC in 2019 te ontsetel.

Trollip het sy nederlaag met grasie gehanteer, die uitslag aanvaar, Mazibuko gelukgewens en gesê hy is bereid om die DA te dien waar die party hom ook al benodig.

Hy het op ’n mediakonferensie na afloop van die verkiesing gesê hy sien uit om meer tyd saam met sy familie deur te bring.

Trollip is die Oos-Kaapse DA-leier en het tot 2009 in die provinsiale wetgewer in Bhisho gedien, maar Mazibuko het Woensdag gesê daar is vir hom plek op die voorbanke van die DA in die nasionale parlement.

Zille, DA-leier, het Trollip se ingesteldheid geprys en gesê dit bewys die verskil tussen die DA en die ANC. In die DA word leiersposisies openlik betwis, en daarna werk almal saam in belang van die party; niemand word uitgewerk nie.

Al die mooi woorde ten spyt was dit veral die afgelope twee dae ’n rowwe stryd, met Trollip wat LP’s na sy kantoor ontbied het, en Zille wat hulle na haar ampswoning, Leeuwenhof, opgeroep het om Mazibuko te steun.

Mazibuko sal Watty Watson as hoofsweep aanwys, en haar ondersteuners is in die meeste sleutelposisies verkies. Dr. Wilmot James is die nuwe koukusvoorsitter en sy adjunk is Marti Wenger.

Twee Trollip-ondersteuners is ook verkies: Sandy Kalyan as adjunk-hoofsweep en Elza van Lingen as leier in die Nasionale Raad van Provinsies.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Danie sê... Jy mag dit net nie op 'n doek vaslê en verewig nie Koos...dit is waar die kuns en kultuur stop! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

C#.net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

330i E90 AT
2007
R 329,000.00

AUDI

A4 1.8 Turbo
2007
R 199,995.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.