Mazibuko het oog op parlementêre leierskap

2011-09-27 16:57
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die nasionale woordvoerder van die Demokratiese Alliansie, Lindiwe Mazibuko, het Dinsdag aangekondig sy sal haar beskikbaar stel vir die pos van parlementêre leier van dié party.

“Ek is baie bly om formeel aan te kondig dat ek besluit het om te staan as kandidaat vir die pos van parlementêre leier in die mid-termyn leierskapverkiesings van die koukus,” het sy aan verslaggewers in Kaapstad gesê.

Die pos word op die oomblik deur die DA-LP en leier van die DA in die Oos-Kaap, Athol Trollip, beklee.

Mazibuko se skuif volg op onlangse nuusberigte dat sy invloed probeer werf by lede van die DA se koukus van 77 lede vir hul ondersteuning. Die verkiesing sal op 27 Oktober plaasvind.

Sy het in reaksie op vrae ná haar aankondiging gesê sy glo haar ouderdom is ‘n bate. Sy het in April 31 geword. Twee derdes van Suid-Afrikaners is onder 35, het sy gesê, en dit sal ‘n bepalende faktor in die 2014-verkiesings wees.

“Ek beplan om my jeug as ‘n sterk punt te gebruik.”

Mazibuko het gesê sy het Sondag aan Trollip gesê sy is van voorneme om haarself as ‘n kandidaat vir die leierskap van die parlementêre leierskap beskikbaar te stel. Sy reaksie was “baie hartlik”.

Trollip (47) sal homself vir herverkiesing beskikbaar stel.

“Ek stel myself beskikbaar om aan te hou om die koukusleier te wees en ek is baie bly dat Lindiwe [Mazibuko] gaan meeding om die pos,” het hy Dinsdag aan ‘n radiostasie gesê.

Mazibuko is by Dinsdag se nuuskonferensie vergesel deur Wilmot James en Watty Watson. Sy het gesê James sal homself verkiesbaar stel vir die voorsitterskap van die party se parlementêre koukus en Watson vir die pos van DA-hoofsweep.

“As ‘n span verteenwoordig die drie van ons dit wat die beste van die DA is: ‘n kombinasie van ervaring, vernuf en ‘n helder nuwe visie vir die toekoms.”

Tyd is egter nie aan hulle kant nie.

“Die uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, is enorm. Miljoene... is werkloos, misdaad het Suid-Afrikaners met ‘n gevoel van onveiligheid gelaat... en families is honger en sonder behuising,” het Mazibuko gesê.

“Ons wil hierdie kwessies voor en in die middelpunt van die parlement se politieke agenda plaas.”

- Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.