Mazibuko dalk Zille se opvolger

2011-05-22 11:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Helen Zille, DA-leier, het vir die eerste keer aangedui dat sy Lindiwe Mazibuko, die party se nasionale woordvoerder, as haar moontlike opvolger beskou.

Zille het Vrydag by die OVK se uitslagsentrum gesê sy het 16 aande in haar eie bed geslaap sedert die party se verkiesingsveldtog in Februarie begin het.

In die aanloop tot die munisipale verkiesing het die DA openlik met swart kiesers geflankeer, en ’n rits swart stemgebiede gewen.

Dit sluit in een wyk in Tswaing in Noordwes en nog een in die Oos-Kaap se Lady Frere.

Haar party se veldtog om meer swart stemme te werf, moes egter nie hul tradisioneel wit ondersteuners van die DA vervreem nie.

“Die volgende leier van die DA sal waarskynlik swart wees. Ek kan dit nie waarborg nie, maar ons het uitsonderlike talent,” het Zille gesê met klaarblyklike verwysing na Mazibuko.

Mazibuko het aandag getrek met die wyse waarop sy ANC-swaargewigte laat les opsê het in debatte, asook haar bereidheid om in arm en tradisioneel vyandiggesinde gebiede vir die DA stemme te werf.

“Ek kan vir jou sê dit sal ons ondersteuning versterk en nie verswak nie, want alle Suid-Afrikaners wil hê dat hul stem relevant moet wees,” het Zille gesê.

Die DA se aandeel in die stemme het van 16,3% in 2006 tot 24% gegroei, terwyl sy swart stemme van minder as 1% in 2009 tot 5% gegroei het. Sy sê die identiteit van politiek is ’n bepalende faktor van politieke keuses.

“Ons ontken nie die identiteit of erfenis van apartheid nie. Ons sê net mense word nie meer slegs aan ras geken nie. Ons verstaan die nagevolge van apartheid en só ook die emosionele skade.”

Die ANC-jeugleier, Julius Malema, se beskrywing van Mazibuko as die “madam se teagirl” dui daarop dat die ANC ’n seksistiese party is, meen Zille.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.