Max dreig glo met die dood

2011-07-23 08:21
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die saak waarin adv. Lennit Max vir Belinda Petersen van afpersing aankla, sal nou op Malmesbury aangehoor word weens ’n oorvol hofrol.

Die verhoor, wat Donderdag in die Kaapse streekhof begin het, sou Vrydag in dié hof hervat word.

Petersen het Donderdag skuld ontken op ’n aanklag van poging tot afpersing.

Streeklanddros Michele Adams het Vrydag gesê weens ander sake wat voorkeur moet kry, asook die laatkommery van sekere mense, is die saak na die Malmesbury-streekhof oorgeplaas.

Adv. Christhénus van der Vijver, staatsaanklaer, het gesê die staat en die verdediging het besluit op gepaste datums – 7 en 8 September.

Adv. Sakkie Maartens, Petersen se regsverteenwoordiger, het aan Adams gesê daar was twee aspekte wat die verdediging nie Donderdag in Max se kruisondervraging geopper het nie, naamlik die bewering van verskeie “seksueel suggestiewe” SMS-boodskappe wat Max glo aan Petersen gestuur het.

Die ander hou verband met Petersen wat Max na bewering gebel en gevra het hoe hy sal reageer indien sy koerante toe gaan. “Hy het glo aan haar gesê hy sal haar doodmaak indien sy met die media praat.”

Luidens die klagstaat het sy Max tussen Oktober 2007 en Februarie 2010 doelbewus onder druk geplaas of die skrik op die lyf probeer jaag deur hom af te dreig. Sy het glo gesê as hy haar nie ’n pos in sy departement aanbied nie, sal sy sekere inligting oor hom uitblaker.

Petersen is in 2007 aan Max voorgestel toe sy regsverteenwoordiging nodig gehad het in ’n dispuut met haar destydse werkgewer weens seksuele teistering.

Max voer aan hy het ingestem om haar gratis in dié saak te verteenwoordig. Hy was in daardie stadium die Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid. Volgens Petersen het Max sekere “paaiemente” vir sy dienste vereis.

Max het getuig hy het hom later aan die saak onttrek. Dit was na bewering sowat vier dae voor die begin van die verhoor.

Maartens het gesê Max het haar soos ’n “warm patat” voor die verhoor gelos en sy het gevolglik haar werk verloor.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: max lennit  |  howe

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.