Matriekvraag oor dosyne eiers bekommer LP

2012-02-08 07:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Hoeveel eiers is in twee en ’n half dosyn?

Dít is een van die vrae wat glo in ’n 2011-matriekvraestel vir wiskundige geletterdheid gevra is en wat ’n DA-LP Dinsdag die kop laat skud het.

Donald Smiles, DA-LP wat in die parlementêre komitee vir basiese onderwys dien, het sy bedenkinge uitgespreek oor die gehalte van sommige vrae wat aan matrieks gestel is.

Die nasionale departement van basiese onderwys en die gehalteversekeringsliggaam Umalusi het voorleggings oor die 2011-matriekeksamen aan die komitee gedoen.

Smiles het gevra wat presies met so ’n vraag op matriekvlak gemeet word.

“Ek verstaan nie hoe so ’n vraag in ’n matriek-wiskundevraestel kan kom nie. Wat word getoets? Die konsep dosyn – en dit op matriekvlak?”

Hy het gevra die departement moet ondersoek instel na dié vraag, aangesien hy nie seker is van die presiese bewoording nie.

Dr. Rufus Poliah, waarnemende hoofdirekteur van nasionale eksamens in die departement, het ook ander kwelpunte uitgewys wat in Umalusi se assessering van verlede jaar se vraestelle opgeduik het.

Boonop word dieselfde kortverhale reeds tien jaar lank op matriekvlak vir Afrikaans as tweede bykomende taal voorgeskryf. Volgens Poliah kan dit daartoe lei dat dié vraestel lank reeds te voorspelbaar is.

Umalusi het aanbeveel dat die voorgeskrewe werk hersien moet word.

Annette Lovemore, DA-LP, wou weet hoe dit kan wees dat vraestelle waarvan Umalusi die gehalte nagaan op so ’n swak peil is soos die Engels-vraestel wat matriekleerders moes skryf.

In Umalusi se verslag is ook na 11 vakke in besonder gekyk en spesifieke probleme geïdentifiseer.

Talle van die probleme word aan swak onderrig toegeskryf.

Poliah het gesê daar sal vanjaar gefokus word op skooldistrikte wat onderpresteer en spesifieke aandag sal aan wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe en rekeningkunde gegee word.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: matriekeksamen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
136 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.