Matriekuitslae kry slaagpunt
2012-12-28 17:57
Kaapstad – Die matriekeksamen van 2012 is as regverdig, geldig en geloofwaardig verklaar.
“Ons keur die vrystelling goed van die uitslae van die nasionale
senior sertifikaateksamen deur die departement van basiese onderwys,”
het dr. Mafu Rakometsi, hoof uitvoerende beampte van Umalusi (raad vir gehalteversekering in algemene en verdere onderwys en opleiding) Vrydag gesê.
Hy
sê dieselfde goedkeuring is vir die eksamens wat deur die onafhanklike
eksamenraad (IEB) hanteer is, uitgereik. “Ons is tevrede dat die
eksamens regverdig, geldig en geloofwaaridg was,” het Rakometsi gesê.
Umalusi het die eksamen goedgekeur ná verskeie
gehaltebeheermaatreëls.
Rakometsi het gesê die eksamens wat deur Verdere Onderwys en Opleiding
(VOO)-kolleges en Volwasse Basiese Onderwys en Opleiding (VBOO) is ook
goedgekeur, buiten N3 Elektronika.
“Dié uitslae word weerhou totdat ‘n
ondersoek afgehandel is. Ons vermoed dat daar onreëlmatighede
plaasgevind het,” het Rakometsi gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.