Matrieks vas ná rekenaars verdwyn
2010-10-26 10:41
Kaapstad – Twee graad-12 leerders van ‘n hoërskool in Umlazi is Maandag in hegtenis geneem nadat hulle met ‘n rooftog verbind is, het Iol Dinsdag berig.
Mzwamandla Hoërskool, wat al vyf keer die jaar beroof is, is weer oor die naweek geteiken. Die rowers het ‘n baksteenmuur afgebreek en 12 rekenaars, sowat 30 bokse A4-papier, ‘n mikrogolfoond, radio en kombuisware gesteel.
Volgens die adjunkhoof, Mzo Dlamini, is sowat 60 rekenaars tot nou al van die skool gesteel.
Die inbraak kom te midde die matriekeksamen wat Maandag afgeskop het.
Lees meer by iol
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA