Matrieks nie ingelig oor rekordeksamen

2010-09-03 08:00
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Wes-Kaapse matrikulante is paniekerig en verward oor die September-eksamens. Hulle weet nie of hulle dit gaan skryf nie, en indien wel wanneer nie.

Verskeie matrikulante het Donderdag aan Die Burger gesê hulle het nog nie eksamenroosters ontvang nie en het geen idee wanneer hulle weer by skole moet aanmeld nie.

Die September-eksamen moet voor die 23ste van vandeesmaand afgehandel wees, wanneer die skoolvakansie aanbreek.

Die September-eksamen is veral vir matrikulante belangrik omdat dit deel is van deurlopende evaluering, wat 25% van hul finale punt uitmaak.

Een van die grootste onderwysvakbonde, die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou), staak sedert 10 Augustus. Die rekordeksamens in Gauteng, Noord- en Oos-Kaap, Vrystaat en Noordwes is reeds weens die staking uitgestel.

“Baie leerders het nie goed gevaar in die Junie-eksamen nie en hoop om hul punte met die September-eksamen te verbeter. Op die oomblik lyk dit nie of dit moontlik gaan wees nie,” het Mnoneleli Ngubo van die Hoërskool Chris Hani in Khayelitsha gesê.

Hulle het nog glad nie ’n eksamenrooster ontvang nie.

Ngubo en ’n groepie maats gaan elke oggend skool toe, maar kom voor geslote hekke te staan.

“Ek kry gereeld onderwysers in die winkel en vra dan wanneer die skool weer begin.

“‘Ons wag vir die vakbonde,’ is al wat hulle te sê het.”

Ntombesizwe Mkonto van die Sekondêre Skool Wynberg het gesê net hul drama-onderwyser is by die skool.

“Ons finale praktiese eksamen begin oor twee weke en dus oefen ons op die oomblik. Geen ander klasse word aangebied nie.

“Dié onderwyser het gesê ons begin dalk Vrydag (vandag) met eksamen. Ek kan nie insien hoe dit moontlik is nie.”

Paddy Attwell, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, het gesê hulle sou na verwagting gister terugvoering gekry het oor watter skole erg deur die staking geraak is.

“Ons het ’n gedetailleerde plan saamgestel om dié skole met die aflê van September-eksamens te ondersteun.”


Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: stakings  |  skole

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.