Matrieks beseer in eksamen-chaos

2009-11-12 19:54
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Twee matriekleerders aan die Lagunya Finishing School in die Wes-Kaap is beseer nadat hulle deur rubberkoeëls getref is.

Die polisie het rubberkoeëls gebruik om 'n groep ontstoke betogers wat die matriekeksamen by die Langa Sekondêre Skool ontwrig het, in bedwang te bring.

“Dit het erg geraak. Volgens inligting wat van die distrik ontvang is, is twee leerlinge in die geweld beseer. Polisie moes rubberkoeëls gebruik om die groep in bedwang te bring,” het Bronagh Casey, 'n woordvoerder van die departement van onderwys gesê.

Polisie kon nie die beserings bevestig nie.

“Ons wag nog vir die Langa polisie om ‘n verslag aan ons te gee, maar ons is besig om ondersoek te doen,” het kapt. Nomathemba Muavha gesê.

Die groep het Donderdagoggend na Langa Primêre Skool betoog terwyl matrikulante hul Engels-vraestel geskryf het. Hulle het hulself in die klaskamer inforseer.

"Daar is skade aan die skool. Die leerders sal in 'n latere stadium dié vraestel moet oorskryf," het Casey gesê.

Chaos het losgebars oor die departement van onderwys se besluit om moontlik die Lagunya Finishing School te sluit, aangesien die huidige model vir skole in die land nie voorsorg tref vir die bestuur van afronding-skole nie.

Casey het gesê die openbare konsultasieproses oor 'n besluit om dié skool te sluit is nog nie gefinaliseer nie en dat geen besluit nog geneem is nie.

Talle ander skole, waaronder Kulani Sekondêre Skool, is ook deur dié betoging ontwrig.

Die polisie het die groep betogers toegang tot die skool geweier.

Dié groep het ook probeer om die matriekeksamen by die Ikamvalethu Sekondêre Skool en die Isilimela Sekondêre Skool te ontwrig.

"Die MEC het 'n beroep gedoen op alle partye wat geraak is om beheersing uit te oefen en om dit te vermy om met opset emosies rondom die Lagunya kwessie op te stook om politieke punte te wen," het Casey gesê.


– Sapa




Lees meer oor: matriekeksamen  |  betogings

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.