Matrieks: Nasienproses suksesvol
2010-12-16 09:25
Beeld
Johannesburg -Die nasienproses van vanjaar se matriekantwoordstelle was suksesvol.
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het gister in ’n verklaring gesê die nasienproses het in al die provinsies sonder probleme verloop.
Daar was vanjaar 127 nasiensentrums en 38 874 nasieners.
Die nasionale departement het die proses gemonitor.
Nasieners is aangestel op grond van hul vakervaring. Hulle moet vir ’n minimum van drie jaar die vak vir gr. 12-leerlinge aanbied.
Umalusi, die raad vir gehalte-versekering in algemene en verdere onderwys en opleiding, sal nou met die proses voortgaan om die uitslae geloofwaardig te verklaar.
Die uitslae sal van 24 Desember tot 30 Desember nagegaan word en die uitslae sal amptelik op 6 Januarie bekend gemaak word.
- Volg Nuus24 op Twitter.