Matrieks: 10 uit 10 vir goeie gedrag

2010-12-12 08:21
Tweets Share Share line Print

Die matriekklas van 2010 se finale eksamenuitslae word eers vroeg in Januarie bekend gemaak, maar vir goeie gedrag tydens hul vakansiekaperjolle kry hulle reeds puik punte.

Volgens die Red Frogs, ’n organisasie wat tydens dié feesvieringe in Ballito en Umhlanga hulp en steun aan matrieks bied, vaar die 2010- klas baie goed. Dit is ondanks dat vanjaar se fees die grootste nóg was en daar in vorige jare rillerbeelde van jongelinge wat uithaak oral in koerante verskyn het.

“Ons het ook baie positiewe terugvoer van verskeie hotelbestuurders en -organiseerders gekry,” sê Jess Basson, woordvoerder van die Red Frogs.

“Nie alle tieners ruk handuit nie. Die meeste was prettig en verantwoordelik en het na mekaar omgesien terwyl hulle hoërisiko-situasies probeer vermy het.”

Dié amptelike vakansie van twee weke aan kusdorpe soos Ballito, Umhlanga, Margate, Hartenbos en Plettenbergbaai het gister geëindig.

Met die kommersiële vernuwing van dié feesvieringe sowat ’n dekade gelede was daar vrese dit sou ontaard in ’n seks-, drank- en dwelmorgie soos die berugte Spring Break in Kalifornië in Amerika.

Op die Facebook-groep “Matriekvakansie 2010” was daar onder andere ’n partytjiebus wat “stripper vidi ouens en vidi girls (...) party games oral en baie drank (...) en wet t shirt contest” (sic) geadverteer het.

Minderjarige tieners wat saamkuier is dikwels die grootste probleem en die Red Frogs het verlede week ’n oproep van ’n matriekmeisie gekry dat haar 16-jarige vriendin saam ’n 19-jarige man verdwyn het. Hulle het haar uit die man se hotelkamer gaan haal en veilig terugbesorg.

“Veral oor naweke neem meer minderjarige tieners aan die partytjies deel. Dis beslis veiliger as dit net matrieks is, maar die meer ernstige voorvalle vind plaas wanneer ouer universiteitstudente saamkuier.”

Mike Silver, direkteur van Stretch Experiential Marketing, sê dit was beslis die grootste jaar dat hulle aan projekte en bemarking vir die fees gewerk het.

“Die Afrikaanse mark het veral gegroei met meer tieners van Gauteng en die Vrystaat in Plettenbergbaai.”

Silver glo die media fokus meer op die negatiewe aspekte van matriekvakansies. Hy glo dit is ’n baie meer positiewe uitlewing van hul nuutgevonde vryheid.

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: vakansie  |  matrieks  |  red frogs  |  gedrag

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.