Maties gons oor mansvryers in kampuskoerant

2010-08-15 08:00
Tweets Share Share line Print

Die Matie-voorblad wat Stellenbosch aan die gons het.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wanneer die Universiteit van Stellenbosch se studentekoerant, Die Matie, Woensdae verskyn, word dit in stapels by die ingange van akademiese geboue en koshuise gelaat vir studente om tydsaam op te tel.

Maar toe Annelize Kloppers, redakteur van die afgelope week se uitgawe, Woensdag op pad klas toe na ’n eksemplaar van dié uitgawe soek, was almal reeds opgeraap.

“Die interessantste was om die reaksie van mense te sien as hulle die koerant optel. Van die mense het my gevra: ‘Wat het jy gedink!?’

“Daar was ook mense wat die foto uitgeskeur het voordat hulle die koerant gelees het of dit met merkpenne doodgekrap het.”

En die foto wat die studente so aan die gons het?

Daar – op die voorblad – gee twee bronstige jong kêrels mekaar ’n nat soen as deel van die kampus se jaarlikse Soen in die Laan-geleentheid.

Studente – sommige geesdriftig en positief, ander negatief – vlieg mekaar op Facebook-forums in oor dié foto. Die redakteur word oorval deur mense wat haar om die beurt gelukwens of skel. Sommige lesers het arms vol koerante opgetel (hoewel niemand weet wat hulle daarmee wou doen nie). En die Lesbigay-vereniging op die kampus, wat dié twee mansvryers na die geleentheid aangery het, het sommer 60 lede bygekry danksy die publisiteit. Selfs uit die Vrystaat kry die koerant terugvoer.

“Dis die grootste reaksie wat ek nog gekry het,” vertel Kloppers.

“Dis ons beste uitgawe die afgelope vier jaar,” sê Vanessa Smeets, die fotograaf wat dié kus vasgelê het.

Soen in die Laan is ’n jaarlikse geleentheid waarop gekyk word hoeveel paartjies gelyk langs die Eersterivier kan vry.

Vanjaar wou hulle saamgaan, vertel Robert Milano, voorsitter van Lesbigay. “Gewoonlik voel ons lede te geïntimideer om deel te neem, so toe nooi ons mense van die Universiteit van Kaapstad en Wes-Kaapland oor om as ’n groep saam te gaan.

“Ons het eers by ’n pub byeengekom om mekaar te ontmoet en sodat elkeen ’n soen-partner kon kry. En toe is ons Laan toe,” sê Milano.
“Die ander studente in Die Laan het nie regtig die Lesbigay-soeners opgelet nie,” vertel Smeets. “Hulle was self te veel in die oomblik vasgevang.”

Sy het eintlik gehoop Die Matie sou ’n ander foto gebruik waarop twee mansstudente – onderskeidelik wit en bruin – mekaar soen, maar dit het toe nie gebeur nie.

Een ding waaroor niemand in Stellenbosch veel gesels nie, is die identiteit van die twee knape op die voorbladfoto. Dit word in die onderskrif verswyg.

Rapport het egter een van hulle, Bjorn Czepan, in Kaapstad opgespoor. Hy is ’n Duitse student wat aan die Universiteit van Kaapstad studeer en die Eikestad vir die geleentheid besoek het.
Hy weet nie hoekom almal so ’n bohaai opskop nie. “Dit was ’n baie lekker soen – beslis die moeite werd om voor Stellenbosch toe te ry.”

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Wil Cosatu dan pleit dat as swart jongmense huisbraak pleeg en van witmense steel dat hulle net vrygespreek en verskoon moet word? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Beauty Sales Consultants Wanted

Hyde Park, Sandton 2196, South Africa
UDM International (Pty) Ltd
R8000 - R26000

Manager Human Capital Tax (Expatriate tax)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.