Matie-moordverdagte in hof
2009-09-29 14:46
Kaapstad - Die Matie-student Jacobus Eksteen, wat beskuldig word van die moord op 'n mede-student, het vandag weer in die plaaslike landdroshof verskyn.
Sy verskyning was baie kortliks en die saak is tot die 13de Oktober uitgestel, berig Jan Gerber vanuit Stellenbosch.
Die staat het uitstel gevra om die akte van beskuldiging te finaliseer.
Eksteen staan tereg op ses aanklagte wat verband hou met die moord op Erin van Rensburg in Junie vanjaar.
Die aanklagte sluit in moord, verkragting en ontvoering.
Haar liggaam is twee dae ná haar verdwyning in 'n vlak graf naby Elandsbaai aan die Weskus gevind.
Die verdagte is in aanhouding.
– Die Burger