Massa-optog sál voortgaan, sê Malema

2011-10-25 08:03
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Niks of niemand sal in die pad staan van die ANC-jeugliga se beplande massa-optog vir ekonomiese bevryding dié week in Pretoria en Johannesburg nie, het Julius Malema, ANC-jeugleier, Maandag in “’n dringende nuuskonferensie” by Luthuli-huis in Johannesburg gesê.

Malema beweer lede van die ANC-jeugliga se leierskorps en busbestuurders word geïntimideer in die aanloop tot die omstrede optog wat Donderdagoggend om 10:00 by die Beyers Naudé-plein in die Johannesburgse middestad begin en Vrydagoggend by die Uniegebou in Pretoria eindig.

Sowat 5 000 mense word verwag, het Malema gesê.

“Daar word aan buseienaars gesê hulle sal nooit weer kontrakwerk by die regering kry indien hul busse by die optog gewaar word nie.

“Nou het ’n klomp buseienaars onttrek.

“En ons lede word in die nag deur mense wat hulle voordoen as lede van die NIA (Nasionale Intelligensie- agentskap) besoek.

“Dit is die ergste vorm van intimidasie en dreigemente en ons kan nie terugsit en toelaat dat hierdie apartheid-taktiek voortgaan nie.”

Hy het gesê die massa-optog sal ten spyte van dié intimidasie, soos beplan, voortgaan.

Minibustaxi’s, vragmotors en bakkies gaan nou ingespan word om betogers na die optog aan te ry.

Volgens die jeugliga het die stad Tshwane en die stad Johannesburg elk R1 miljoen van die jeugliga geëis om te mag betoog, glo om die koste te dra indien die betogers skade aanrig.

“Mét of sónder R1 miljoen, ons gaan betoog. Ek betoog nog al die jare verniet, ons sal niks betaal nie.

“Ons het aansoek gedoen vir die optog, dit is ons optog en ons neem volle verantwoordelikheid daarvoor,” het hy gesê.

Insp. Edna Mamonyane, Johannesburgse metropolisiewoordvoerder, het die naweek gesê die jeugliga het toestemming gekry om voort te gaan met die optog, maar onder streng voorwaardes.

Een daarvan is dat hulle nie op enige hoofweë mag betoog, soos hulle aanvanklik beplan het nie.

Kritiek teen die massa-optog het Maandag uit verskeie oorde ingestroom.

Cosatu het die jeugliga daarvan beskuldig dat hy die optog gebruik as ’n persoonlike aanval op ANC- en alliansieleiers om ’n “voortydige, verdelende en gevaarlike leierskapsdebat in die ANC” uit te lok.

In ’n media-verklaring het Patrick Craven, Cosatu-woordvoerder, die jeugliga gewaarsku om by kwessies van ekonomiese bevryding en bemagtiging van die jeug te bly en nié die optog vir faksie-gevegte te misbruik nie.

Mandla Radebe, sekretaris van die SAKP in die Johannesburg-distrik, het die armes in sy area gewaarsku om nie toe te laat dat tenderpreneurs hulle misbruik nie.

“Die veelbesproke ‘ekonomiese bevrydingsoptog’ is niks anders as ’n platform om die ANC-leierskap te ondermyn nie.”

Malema het dié bewerings gister ten sterkste ontken en gesê die leierskorps van die ANC-jeugliga het Maandagoggend die optog met die ANC-leierskap bespreek.

“Die ANC het gesê die eise wat ons stel, is opreg, maar ons moet verseker dat die optog kalm verloop.

“Die ANC was tevrede met die inligting wat ons gegee het en ons voorbereiding vir die optog.”

Die Johannesburg-metro het Maandag alle navrae oor bewerings dat die ANC-jeugliga vir die optog moet betaal na die metropolisie verwys.

Dir. Mel Vosloo, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gister gesê dit is beslis nie die metropolisie wat die geld geëis het nie. Mamonyane was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
73 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.