Masjiene af ná seun breindood is

2009-12-11 08:23
Tweets Share Share line Print

Carina van Wyk

Johannesburg - Die gr. 11-leerling van Helpmekaar Kollege in Johannesburg wat die naweek in ’n motorongeluk beseer is, is eergister omstreeks 17:40 dood.

Volgens Jakes van den Berg van Kempton Park het die familie besluit om die masjiene wat sy seun, Estan (17), aan die lewe gehou het, af te skakel nadat hy deur die loop van die oggend breindood verklaar is.

“Dis maar swaar. Ek is ongelooflik kalm, maar dit sal my later vang.”

Estan het ernstige kopbeserings opgedoen in die botsing wat Saterdag omstreeks 21:45 naby die Witweg-afrit op die N17 in Springs gebeur het. Hy het saam met ’n vriend van Alberton Springs toe gegaan.

Verskeie van sy organe is beskadig en sy bekkenbeen is gebreek.

Estan is per helikopter na die Charlotte Maxeke-hospitaal geneem nadat nooddienste sowat twee uur lank gesukkel het om hom uit die wrak te kry, het Van den Berg sr. gesê. Estan, ’n kranige rugbyspeler wat al vir sy skool se eerste span uitgedraf het, is Sondag omstreeks 10:00 na die Milpark-hospitaal oorgeplaas en was in die waaksaal tot sy dood.

Volgens Van den Berg sr. is Estan se dood veral “baie swaar” vir sy broer, Jakes (18), wat saam met hom in gr. 11 is.

“Hy (Estan) het ongelooflik maklik met mense oor die weg gekom,” het hy gesê.

Volgens kapt. Johannes Ramphora, Springs-polisiewoordvoerder, is twee insittendes in die ander motor ook ernstig beseer. Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

* Estan word Maandag 11:00 vanuit die AGS Woord en Lewe-kerk in Sunwardpark, Boksburg, begrawe.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: motorongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.