Ma’s voed verkeerde babas in hospitaal

2010-01-28 11:41
Tweets Share Share line Print

Virginia Keppler

Pretoria - Twee pasgebore babas is in die Netcare Femina-hospitaal in Pretoria twee keer aan die verkeerde ma’s gegee om te borsvoed.

Die fout is eers die volgende dag ontdek toe ’n pediater na die een ma is om haar babaseuntjie te ondersoek en ’n babameisie aangetref het.

Dié babas is verlede Donderdag met ’n keisersnee in die lewe gebring. Albei het donker hare.

Die babas het duidelik gemerkte armbande om albei hul hande en een om hul enkels gehad, maar is steeds deur die verpleegsters aan die verkeerde ma’s gegee om te borsvoed.

Die fout is eers die volgende oggend, ná nog ’n voeding, deur die pediater ontdek.

Die hospitaal het nou bykomende maatreëls in plek gesit om foute soos dié in die toekoms uit skakel.

Joey Breedt, hospitaalwoordvoerder, het die voorval as “buitengewoon en totaal onaanvaarbaar” beskryf en het gesê hulle is “bitter spyt oor wat gebeur het”.

Volgens Breedt het die hospitaal reeds die nodige dissiplinêre stappe gedoen. “Ons is in noue kontak met die ouers en het alles in ons vermoë gedoen om vas te stel dat daar geen fisieke skade aan die babas of die ouers aangerig is tydens die voorval nie.”

’n Vrou van Waverley in Pretoria, die seuntjie se ma, het gesê sy was baie ontsteld, maar dat sy en haar man geen regstappe teen die hospitaal gaan doen nie.

“Dit is egter vir ons belangrik dat die hospitaal nie dieselfde fout in die toekoms begaan nie,” het sy gesê.

Sy het gesê sy was in erge pyn en nie by haar volle bewussyn nie toe sy die ander baba gevoed het.

“Ek het gesien my baba het ander klere aan en het gedink hy het dalk die vorige kleertjies vuilgemaak,” het sy gesê.

Volgens haar is albei babas dadelik getoets, veral omdat hulle deur die verkeerde ouers geborsvoed is. Sy het gesê albei babas is gesond en is tuis.

Die meisietjie se ouers is egter baie omgekrap en die pa is blykbaar van plan om regstappe teen die hospitaal te doen.

- Beeld

Lees meer oor: skandale

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.