Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Lonmin-geweld: Polisie het hul 'bes gedoen'

2012-08-16 23:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Polisiebeamptes by die Lonmin-myn in Marikana in die Noordwes het hul bes in ‘n wisselvallige situasie gedoen, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, se kantoor in ‘n verklaring gesê.

“Die minister wil ‘n versoek aan die president rig om ‘n volledige ondersoek na hierdie hele situasie van stapel te stuur...” het Zweli Mnisi, ‘n woordvoerder, gesê.

“Nou wat moet die polisie in sulke situasies doen wanneer hulle deur gewapende en hardebaard misdadigers wat die polisie vermoor, in die gesig gestaar word?”

‘n Skietery het Donderdagmiddag tussen polisiebeamptes en stakende mynwerkers uitgebreek.

‘n Verslaggewer van Sapa sê hy het 18 lyke langs die nabygeleë Wonderkop-plakkerskamp gesien. Die amptelike dodetal en aantal mense wat gewond is, moet nog bevestig word.

Volgens die nuusagentskap sal die polisie later ‘n inligtingsessie vir die media oor die voorval hou.

Mnisi sê die polisie het aanvanklik probeer om die stakers op ‘n vreedsame wyse uitmekaar te jaag. Hy sê polisiebeamptes het eers traangas en waterkanonne gebruik, maar dit het nie gehelp nie.

Politieke partye het intussen daarop aangedring dat ‘n dringende ondersoek na die skietery gehou moet word.

Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, sê daar moet vasgestel word wat die konfrontasie tussen die polisie en die stakers veroorsaak het.

Mthembu sê die voorval het die party geskok.

“Ons is almal baie hartseer oor die geweld wat ons op die televisie gesien het,” het hy gesê.

Die woordvoerder het bygevoeg dat “hierdie onwettige stakers van dag een af gewelddadig was.”

“Maar, ons is nie hier om enige party te konfronteer nie... want ons het geen inligting nie.”

Die ANC sê werkers mag vir hul regte veg, maar nie ten koste van mense se lewens nie.

Pres. Jacob Zuma is ook baie hartseer oor die manier waarop die dispuut by die myn na die verlies van so baie lewens gelei het, het die presidensie in ‘n verklaring gesê.

Hy het die geweld as “sinneloos” bestempel.

Azanian People's Organization (Azapo) sê die geweld herinner sterk aan die massamoord op 21 Maart 1960 in Sharpeville, op 16 Junie 1976 in Soweto en op 17 Junie 1992 in Boipatong.

Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: lonmin  |  marikana  |  lonmin-slagting
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
32 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Dave Du Plessis sê... Ons is nie op dieselfde golflengte nie, joe. Wat ek gesê het, het betrekking op die verkragting van twee onskuldige meisiekinders. Selfs wanneer hy tronkstraf uitgedien het, sal hulle steeds littekens hê. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.