Maqubela borgtog kwyt
2011-08-05 19:58
Kaapstad – Thandi Maqubela, wat daarvan beskuldig word dat sy haar man, waarnemende regter Patrick Maqubela vergiftig het,
se borgtog is tydelik deur die Weskaapse Hooggeregshof teruggetrek.
Maqubela is vroeër die week by die Helen
Joseph-hospitaal in hegtenis geneem ná sy versuim het om twee weke in die hof
te verskyn.
Sy word daarvan beskuldig dat sy haar man, waarnemende
regter Patrick Maqubela, in Junie 2009 vermoor het.
Hy is dood in sy huis in Bantry Bay aangetref.
Die Weskaapse Hooggeregshof het verlede
Maandag ‘n hofbevel vir haar inhegtenisneming uitgereik.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA