Manyi wil TV-lugtyd koop vir ministers
2011-06-14 11:52
Johannesburg – Jimmy Manyi, hoof van die regering se kommunikasiediens, het gesê hy beplan om TV-lugtyd vir nasionale ministers te koop, het The Times Dinsdag berig.
Manyi het 'n toespraak gelewer op die Instituut vir Openbare Betrekkinge van Suid-Afrika se jaarlikse konferensie in Durban, waar hy gesê het die regering word "gedwing" om maniere te vind om sy boodskap oor te dra omdat die media hom 'n onreg aandoen.
"Die regering kyk na 'n televisieprogram van vyf weke waar ministers die publiek gaan inlig oor hul programme, want die media dra nie boodskappe van die regering oor soos verlang nie."
Manyi het verlede week gesê hy sal beheer neem van die regering se advertensiebegroting van R1 miljard en dit spandeer volgens hoe goed media-organisasies die "waarheid" oor dienslewering vertel.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA