Manyi-uitlating bemoeilik verkiesingsveldtog, sê Vavi

2011-03-05 10:51
Tweets Share Share line Print

Durban - Die regerende alliansie se taak in die munisipale verkiesingsveldtog is bemoeilik deur die gewraakte uitlating van Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder, dat daar ’n oorkonsentrasie bruin mense in die Wes-Kaap is.

Só het Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, gister hier op ’n konferensie van die South African Clothing and Textile Workers’ Union (Sact-wu) gesê.

Manyi se uitlating vroeër in ’n TV-onderhoud terwyl die ewe omstrede wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming opgestel is, het die afgelope week groot opslae gemaak.

In reaksie op Manyi se uitlating, wat in sy hoedanigheid as voorsitter van die Black Management Forum gemaak is, het Trevor Manuel, minister in die presidensie, hom in ’n ope brief ’n “rassis in die ergste graad” en “soos H.F. Verwoerd” bestempel.

Manyi se uitspraak sal vrese “wat (die vakbond) Solidariteit valslik aangewakker het” dat ’n miljoen bruin werkers se poste ingevolge beoogde arbeidswetgewing deur swart mense oorgeneem sal word, net verder aanblaas, het Vavi gesê.

Volgens Cosatu probeer Solidariteit en die DA bruin kiesers teen die ANC draai.

Vavi het egter gesê Cosatu en Sactwu is ten volle daartoe verbind om vir ’n wegholoorwinning vir die ANC in plaaslike owerhede oor die land heen te werk.

Hy het gesê Manyi se uitspraak oor bruin mense bots lynreg met die ANC en sy alliansievennote se verbintenis tot ’n nierassige samelewing waarin alle landsburgers se regte beskerm word en hulle met respek behandel word.

Vavi het die ANC se verklaring vandeesweek verwelkom waarin hy hom van Manyi se uitspraak distansieer en waarin gesê is die regering is daartoe verbind om die bruin gemeenskap se belange te beskerm.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.