‘Manyi se aanval op VF+ sonder substansie’

2011-04-05 18:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Vryheidsfront Plus (VF+) beskou Jimmy Manyi se aanval op die party en die verdediging van regstellende aksie as substansielose retoriek.

Adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor arbeid, het aangedui dat Manyi se uitsprake dat 350 jaar se diskriminasie nie in 16 jaar reggestel kan word nie, ‘n blyke is van die ANC se moedswillige onkunde aangaande die Afrikaner se geskiedenis in Suid-Afrika.

“Dit is duidelik dat Manyi en die ANC hierdie simplistiese uitsprake maak om die voortsetting van regstellende aksie te regverdig, terwyl dit eintlik verdien om uitgefaseer te word.

“Die ANC kan gerus leer by die werklike geskiedenis oor die Afrikaner se opstaan uit armoede. Die grondslag van die Afrikaner se opheffing na die vernietigende Anglo-Boere-oorlog is gelê voor 1948 toe entrepreneurs begin woeker het met armes se geld en wat gelei het tot die skepping van reuse bedrywe soos Sanlam, Volkskas en Rembrandt (Richemont),” het Alberts gesê.

Die VF+ beskou die ANC se metode om entrepreneurs te skep deur die blote herverspreiding van rykdom deur middel van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging as onvolhoubaar en eerder geskoei op sosialistiese denke as ware entrepreneurskap.

Daarom sal die VF+ hierdie beleid altyd aggressief teenstaan. Ware rykdom word geskep deur waarde toe te voeg en nie deur verspreiding van rykdom nie.

Die feit dat Manyi die VF+ persoonlik aanval wys weereens ook dat hy nie bevoeg is om ‘n openbare pos te beklee wat onpartydigheid vereis nie.

Die VF + het ‘n ruk terug Manyi daarom by die Staatsdienskommissie aangekla vir verdere ondersoek.

Volg Nuus24 op Twitter.
 

- SAPA

Lees meer oor: jimmy manyi  |  vf+  |  politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.