Manyi: Elkeen is geregtig op sy opinie
2011-03-04 09:14
Johannesburg – Suid-Afrika is 'n demokratiese land en mense is geregtig op hul opinies, het Jimmy Manyi, hoofregeringswoordvoerder, Vrydag gesê.
"Daar is vryheid van spraak, mense kan sê wat hulle wil," het Manyi in 'n onderhoud op SABC2 se Morning Live gesê.
"Die land is 'n grondwetlik aangedrewe land. Ons het wette, ons het arbeidswette."
Manyi het reageer op 'n vraag oor sy bedanking wat geëis word oor stellings wat hy oor bruinmense in die Wes-Kaap gemaak het.
Hy het gesê hy gaan nie kommentaar lewer oor 'n ope brief waarin die minister in die presidensie, Trevor Manuel, hom 'n rassis noem nie.
Manyi het egter gesê sy stellings het nie die grondwet oortree nie.
Hy het in Maart 2010 op KykNet se Robinson Regstreeks gesê daar is 'n "oorkonsentrasie" bruinmense in die Wes-Kaap.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA