Manuel stil ná ANC hom roskam
2011-03-09 14:13
Johannesburg – Trevor Manuel, nasionale beplanningsminister, gaan nie kommentaar lewer nadat hy deur Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, oor die vingers getik is nie.
"Minister Manuel gaan niks sê nie," het Dumisa Jele, sy woordvoerder, gesê.
"Mnr. Mantashe het gesê wat hy gesê het. Minister Manuel gaan nie kommentaar lewer nie."
Mantashe het Manuel en Samwu Dinsdag op 'n mediakonferensie geroskam omdat hulle Jimmy Manyi, hoofregeringswoordvoerder, gekritiseer het oor opmerkings oor bruinmense in die Wes-Kaap gemaak het.
Mantashe het ‘n beroep op lede van die ANC gedoen om nie as “vrye agente” op te tree nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA