Manuel se uitlatings kan nóg woede in ANC ontketen

2011-03-14 08:40
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Vrae oor hoe veilig Trevor Manuel se pos binne die regering is, word opnuut gevra.

Dit kom nadat hy glo omstrede uitlatings gemaak het oor ’n saketransaksie waarby pres. Jacob Zuma se seun betrokke is.

Manuel, minister van beplanning in die presidensie, is verlede week deur die Wall Street Journal aangehaal oor die omstrede Arce­lor-Mittal-transaksie, wat hy glo beskryf het as “die lelikste vergestalting van (swart ekonomiese bemagtiging), maar nie die enigste nie”.

Zuma se seun Duduzane, sowel as die Gupta-broers – wat noue bande met die president het – baat heelwat by die omstrede bemagtigingstransaksie, wat al deur onder meer Cosatu gekritiseer is.

Manuel se woordvoerder, Dumisa Jele, het Sondag gesê die minister ontken of bevestig nie dat hy die uitsprake gedoen het nie, maar wil bloot nie kommentaar lewer nie.

Die berig kom te midde van onenigheid in die ANC oor Manuel se ope brief aan die regering se inligtingshoof, Jimmy Manyi, waarin hy hom van rassisme beskuldig.

Dit het ook tot ’n hewige debat op openbare forums gelei.

Verwarring heers oor hoeveel steun Manuel in die ANC geniet ná sy aanval op Manyi.

Die minister in die presidensie, Collins Chabane, sowel as die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het hulle verlede week by Manyi geskaar.

Laasgenoemde het gesê verskeie ANC-lede, onder wie Manuel, moet “ophou en dit vermy om op te tree as vrye agente wat as individue praat en uitlatings maak”.

Die Sunday Times het Sondag berig die minister van menslike nedersettings, Tokyo Sexwale, sowel as die oudkabinetslid dr. Pallo Jordan het Manuel die naweek verdedig op ’n vergadering van die nasionale uitvoerende komitee van die ANC.

- Die Burger

Lees meer oor: trevor manuel  |  sa politiek  |  anc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.