Manuel ontken berig oor samesprekings

2011-09-06 09:04
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Trevor Manuel, beplanningsminister in die presidensie, het Maandag heftig ontken dat hy ooit samesprekings met Helen Zille, DA-leier, gevoer het oor die moontlikheid om ’n DA-lid te word.

“Nee, nee, nee. Dit is absolute snert. Dit is een mens se mening, nie myne nie.

“Ek was nog nooit by enige gesprekke hieroor betrokke nie,” het ’n duidelik ontstelde Manuel Maandag buite die parlement gesê.

Hy het ’n berig wat Maandag in Volksblad verskyn het oor pogings om hom na die DA te lok, as onwaar afgemaak.

“Ek gaan nie toelaat dat jy dié goed in jou kop kry nie,” het hy verder stoom afgeblaas.

Manuel het verwys na die berig waarvolgens Athol Trollip, parlementêre leier van die DA, in Februarie verlede jaar aan Donald Gips, Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, laat blyk het dat Zille bereid was om as leier terug te staan as Manuel sou besluit om die “skip te verlaat”. Gips het dit in ’n vertroulike boodskap aan sy regering genoem, en dié boodskap is aan Wiki-Leaks uitgelek.

Manuel het nie op die DA se toenadering gereageer nie.

Trollip het ook gesê dat Manuel – die skerpste brein in die ANC – nie tevrede is in dié party nie.

Zille het in reaksie aangedui dat die DA deurgaans probeer kontak maak met belowende mense wat die opposisie teen die ANC se vergrype kan versterk. Sy het ook genoem dat sulke kontak uiteraard weens die sensitiewe aard daarvan vertroulik moet wees.

Manuel het gesê: “Ek sal nooit ooit weer kommentaar op dié bewerings lewer nie.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.