Manuel in ANC-visier

2011-03-06 07:54
Tweets Share Share line Print

Leiersfigure in die ANC neem stelling in teen Trevor Manuel, minister van beplanning, in die aanloop tot die vergadering van die ANC se topleiers volgende naweek.

“Kameraad Manuel, is u nou die koning van die kleurlinge?” lui ’n snedige ope brief wat die ANC-swaargewig Paul Ngobeni vandag uitreik.

Manuel het hierdie week in ’n baie sterk bewoorde ope brief te velde getrek teen die stellings van Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder, dat daar ’n oorkonsentrasie bruin mense in die Wes-Kaap is, en het ook voorgestelde arbeidswetgewing veroordeel wat toekomstige bruin werkgeleenthede in die Wes-Kaap sal bedreig.

Hoewel Manuel stewige steun onder vooraanstaande Suid-Afrikaners en ANC-oudstryders het – met die kerkleier dr. Allan Boesak, wat Manyi Sondag in Rapport takel, en die oudambassadeur dr. Franklin Sonn, wat sy optrede Saterdag verdedig het – blyk dit uit omvattende navrae sy steun in formele ANC-strukture lyk nie so goed nie.

ANC-leiers, wat anoniem moes praat omdat die organisasie nie nou verdere afspeel van individue teen mekaar wil aanwakker nie, was verdeeld oor Manuel se sentimente, maar verenig daaroor dat sy turf kan sit op ’n klag dat hy sy kritiek heeltemal buite die party se kanale uitgespreek het.

Hiervan het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, reeds amptelik ’n aanduiding gegee met die verklaring: “Hy (Manuel) wil nie ons mening hoor nie. As hy ons mening wou hê, sou hy die brief aan ons geskryf het. Ons gaan nie saam met hom in die modder rol nie.”

Dis nou indien die ANC en die regering enigiets ampteliks omtrent die saak doen. Zizi Kodwa, presidentswoordvoerder, sê sover hy weet, het pres. Jacob Zuma nog glad nie met Manuel oor die kwessie gepraat nie. Hy het navrae oor Manyi verwys na die ander minister in die presidensie, mnr. Collins Chabane, Manyi se lynhoof. Manuel is ook minister in die presidensie.

Harold Maloka, mi­nis­te­rië­le woordvoerder, sê Chabane het sover hy weet nog nie met Manyi gepraat oor sy stellings rakende bruin mense of oor die Manuel-brief nie.

Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, het by navraag gesê die kwessie moet hom in ANC-strukture uitspeel. Dit sal heel moontlik volgende naweek op die vergadering van die nasionale uitvoerende komitee van die party deurtrap word.

“Die ANC kan ook besluit om niks te doen nie en die ding te laat oorwaai,” het Mthembu gesê.

Dit is die moontlikheid wat Helen Zille, DA-leier, opper. Sy vra of Manuel nie skotvry gelaat sal word nie om bruin kiesers te laat dink hulle het nog ’n ANC-stem, met Manyi wat die hart van die party bly verteenwoordig.

Waarnemers meen voorts aan die einde van Manuel se brief aan Manyi, waar hy skryf hy is bereid tot opofferings, tender hy om afgedank te word, maar Zuma sal dit nie doen nie.

Hoe sterk Manuel se teenstanders nietemin voel, blyk uit Ngobeni se brief. Ngobeni was die omstrede argitek van Zuma se suksesvolle regstaktiek teen sy korrupsieverhoor en is tans ’n raadgewer vir me. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging.

Sy hoofpunt is dat Manuel dit vir Manyi onmoontlik maak om homself te verdedig en hom weerloos in die openbaar kruisig, wetende dat Manyi as kabinetswoordvoerder nie teen ’n minister mag praat nie.

Dan word Manuel onder meer nydig gespot oor sy gebrek aan nagraadse kwalifikasies en beskuldig dat hy saam met ’n spul “versoolde bruin leiers” alleenwoordvoerder oor bruin kwessies wil wees, voordat Ngobeni hom op sarkastiese wyse vra of Manuel nou “koning van die kleurlinge” is.


 

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.