Manto kry spesiale begrafnis
2009-12-17 11:17
Johannesburg - Manto Tshabalala-Mismang, omstrede voormalige minister van gesondheid, sal vereer word met 'n spesiale amptelike begrafnis, het Martin Kingston, haar skoonseun, Donderdag gesê.
Die finale reëlings word nog getref.
Die presidensie is nog besig met die protokol - soos of landsvlae halfmas gevlieg moet word ter ere die ontslape politikus.
Kingston het gesê die familie staan nou sterk saam en dat hulle al baie boodskappe van medelye sedert Tshabalala-Msimang se dood ontvang het.
- Sapa