Manto in hospitaal vir ’n ondersoek

2009-11-19 07:53
Tweets Share Share line Print

Antoinette Pienaar

Johannesburg - Dr. Manto Tshabalala-Msimang, voorheen minister van gesondheid, is Dinsdag by die Wits Donald Gordon mediese sentrum vir ’n mediese ondersoek opgeneem.

Vernon Kinnear, woordvoerder van die sentrum, het gesê sy sal waarskynlik oornag bly, maar die ondersoek het niks met haar leweroorplanting te doen nie.

Tshabalala-Msimang (68) het op 14 Maart 2007 in dié sentrum ’n leweroorplanting ondergaan.

Volgens Kinnear verkies die spesialiste wat dié soort oorplantings doen dat hul pasiënte ná ’n oorplanting na hulle terugkeer as hulle siek word. “Hulle benodig spesiale behandeling weens die groter risiko vir infeksies.”

Ontvangers van skenkerorgane neem medisyne wat hul immuunstelsels onderdruk om te keer dat hul liggame die organe verwerp.

Beeld  het betroubaar verneem Tshabalala-Msimang is opgeneem omdat daar vermoed is sy het ’n geperforeerde derm. Onder meer ’n gastroënteroloog sal haar ondersoek.

Tshabalala-Msimang het destyds lewerversaking gekry weens outo-immune hepatitis (OIH).

OIH kom voor wanneer die liggaam ’n komponent van die lewerselle as vreemd beskou. Die immuunrespons wat volg, lei daartoe dat lewerselle oor jare vernietig word.

- Beeld
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: gesondheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Dpe eienaars van die galery behoort die ANC ook aan te kla vir aanhitsing tot geweld en intimidasie. Die kunstenaar het nooit gese dit is Zuma nie, dit was n' kwessie van n' skoen wat pas Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.