Manto had min vreugde - Zuma
2009-12-22 13:17
Pretoria - Manto Tshabalala-Msimang was 'n onselfsugtige Suid-Afrikaner wat min vregde in haar lewe ervaar het.
Só het pres. Jacob Zuma Disndag by haar begrafnis gesê.
"Sonder enige vrees dat ons onsself mag weerspreek, bly sy 'n onbetwyfelbare held van die struggle wat haar lewe toegewy het aan die droom vir 'n vry en demokratiese Suid-Afrika," het die president gesê.
Luidens Zuma het Tshabalala-Msimang bra min vreugde in haar lewe gehad weens haar besluit om nie op haar louere te rus totdat die land en sy burgers vry van rassistiese onderdrukking was nie.
Sy was deel van die onophoudelike strewe na verandering en die verbetering van mense se lewens - veral die armes.
"Vandag is ons nie net in rou oor haar afsterwe nie, maar ons vier ook 'n lewe wat onvoorwaardelik toegewy was aan hierdie land en sy mense."
Zuma het gesê dat, ter ere van die ontslape minister, die stryd teen armoede en hongersnood verhoog moet word.
- Sapa