Mantashe gaan media glo kap
2012-01-30 12:05
Kaapstad – Die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe sal Dinsdag die regerende party se langverwagte dokument oor die regulering van die media aan die Kommissie vir Persvryheid voorstel.
Die kommissie het vroeër die maand sy “Listening to SA”-veldtog in Kaapstad bekend gestel.
Mantashe sal die ANC se voorstel by die openbare verhoor in Johannesburg voorlê, wat Dinsdag en Woensdag in Braamfontein plaasvind.
Voorleggings sal ook deur die DA, PAC, Azapo die openbare aanklaer en die Menseregtekommissie gehoor word.
Redakteurs en media-eienaars van Suid-Afrika se groot mediahuise sal deelneem, sowel as individuele joernaliste en lede van die publiek.
Die kommissie was stil oor die ANC se voorlegging.
“Ek het die voorlegging gesien so ek weet wat hulle gaan sê, maar nee... nee,” het Mathatha Tsedu, die projek-direkteur van die kommissie, gesê.
“Ek kan nie daaroor praat nie, want ons het die besluit geneem dat alle voorleggings wat aan ons gegee word privaat gehou sal word tot ons dit aanhoor.”
Die ANC se voorlegging sal na verwagting die party se 2010-dokument genaamd “Media-transformasie, eienaarskap en diversiteit” weerspieël, wat by die party se nasionale algemene raad in Durban voorgelê is.
– Lees meer by City Press
– Lees hier wat ander partye se opinie is.
– Volg Nuus24 op Twitter