Manyi-skandaal 'rassisme se skuld'
2011-03-08 22:00
Johannesburg - Die hoofsekretaris van die ANC, Gwede Mantashe, blameer “rassistiese vooroordeel” en die “haat teenoor verandering” vir die nuutste kontroversie wat rondom die regerende party losgebars het.
Netso is Trevor Manuel, nasionale beplanningsminister, en die munisipale vakbond Samwu oor die vingers getik oor hulle kommentaar rakende Jimmy Manyi se uitlatings oor bruinmense in Suid-Afrika.
Samwu het Maandag daarop aangedring dat Manyi die tekpas moet kry vir sy “rassistiese” aanmerkings oor bruinmense in die Wes-Kaap.
“Dit gaan nie oor Manyi se vaardigheid hier nie, maar is eerder ‘n kwessie van haat. Haat teenoor verandering,” het Matashe gesê.
Volgens hom bring die “proses van verandering” pynlike herinneringe op wat verband hou met die land se “rassistiese verlede”.
Mantashe het ‘n beroep op lede van die ANC gedoen om nie as “vrye agente” op te tree nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA