Mans wat vrou by brug afgooi vandag gevonnis

2009-11-20 11:46
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Twee van die vier mans wat 'n Durbanse onderwyser beroof en daarna by 'n brug afgegooi het, word Vrydag in die Durbanse streekhof gevonnis.

Wandile Sibande (20) en Sibusiso Dlamini (25) het skuldig gepleit op aanklagte van roof met verswarende omstandighede en ontvoering, het The Star Vrydag berig.

Net Dlamini het skuldig gepleit op 'n aanklag van poging tot moord op Kavisha Seevnarian.

Nsibande was nie teenwoordig toe Seevnarian by die brug afgegooi is nie.

'n Derde verdagte, 'n tiener, verskyn op 24 November in die hof. Die ander is nog op vrye voet.

Jeewan Seevnarian, Kavisha se pa, is gevra om ter verswaring van die vonnis te getuig.

"My dogter het gepleit terwyl sy aan die relings [van die Umkomaas-rivier-brug] vasgehou het. Sy het gepleit dat hulle haar lewe spaar, maar sy was geskop en getrap dat sy moes los," het hy gesê.

Kavisha se motor is verlede Vrydagaand deur die mans by 'n verkeerskruising in Shallcross gekaap.

Die mans het haar toe in 'n ander motor gelaai en na Umlazi gery waar die mans haar bankkaart gebruik het om geld by 'n OTM te trek. Sy is toe na die Umkomaas-rivier-brug geneem en afgegooi.

Sy het die 60 m val oorleef en sterk aan in die hospitaal. Sy het beserings aan haar ruggraat opgedoen en haar pelvis is gebreek.

Ter versagting van vonnis het die regsverteenwoordiger Aslam Shaikjee gesê Nsibande, 'n matriekleerder aan die Eshowe Sekondêre Skool, sê "hy walg homself".

"Hy is vernederd oor sy aksies en wil die slagoffer en haar gesin om verskoning vra."

Dlamini wou ook om verskoning vra en is "baie berouvol".

Op die vraag of hy die verskonings sal aanvaar, het Seevnarian gesê: "In die stadium is ons nie in 'n posisie om dit te doen nie".

– Sapa
 

Lees meer oor: misdaad  |  hofsake  |  kapings

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Tragies. So ken ons nie die bepaalde uur nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.