Mans wat polisiebeampte skiet se saak uitgestel
2011-08-04 21:23
Johannesburg – Die verhoor van vier mans wat daarvan
beskuldig word dat hulle ‘n polisiebeampte doodgemaak het, is in die Motetema
landdroshof uitgestel.
Polisiebeampte Hangwani Mulaudzi het gesê die
vier mans sal die 11de Augustus weer in die hof verskyn.
Hulle sal die 11de Augustus om borgtog aansoek doen.
Een van die beskuldigdes, Amos Makola (32), was ‘n polisiereservis.
Makola, Alfred Seopela (39), Lehutso Dithoto
Mashegoana (40) en Johannes Moraba (44) staan tereg op aanklagte van moord, die
besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en diefstal.
Polisiebeampte Dimpe Joseph Mokabane was oppad terug van ‘n
misdaadvoorkomingsoperasie in Groblersdal toe hy op die Mamphokgo-pad naby
Matilu doodgeskiet is.
Volg Nuus24 op Twitter.