Mans wat moor en verkrag lewenslank tronk toe
2011-11-23 18:49
Bloemfontein – Twee mans is ‘n lewenslange tronkvonnis opgelê
vir die verkragting en moord van ‘n matriekulant, het die Vrystaat-polisie
gesê.
‘n Derde man, wat skuldig gepleit het, is tot
22 jaar gevangenisstraf gevonnis, het sersant Mmako Mophiring gesê.
Tlallo Tshabalala (22), Matthews Mashinini
(24) en Mangaliso Mngcina (23) the die 18-jarige Lebohang Komako verkrag en 33
keer met ‘n mes gesteek.
Die voorval het 17 Desember 2010 in Morelig
naby Bethlehem plaasgevind.
Volgens Mophiring is die mans tien dae na die
misdaad in hegtenis geneem.
Tshabalala het Maandag teen Mashinini en
Mngcina getuig.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA