Mans verkrag vrou om die beurt
2010-07-20 09:23
Johannesburg – ‘n 52-jarige vrou is na bewering Maandagaand deur drie mans verkrag in Mazinzi, sowat 35km vanaf Mthatha, het die polisie gesê.
“Die vrou het pas klaar gewerk en was op pad huis toe, toe die mans haar geld en selfoon gesteel en haar toe verkrag het,” het kol. Mzukisi Fatyela, polisiewoordvoerder, gesê.
Die vrou is na die Sinawe-sentrum by die Nelson Mandela Akademiese Hospitaal geneem vir mediese behandeling en berading.
Dié sentrum verskaf sorg aan persone wat seksueel aangerand is.
Volgens Fatyela is ‘n saak van verkragting by die polisie aanhangig gemaak en word die voorval ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA