Mans verkrag vrou glo herhaaldelik

2010-07-26 23:26
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Die polisie in die Vrystaat het sewe mans Maandag in hegtenis geneem vir die verkragting van ‘n vrou by die berugte G-hostel in Thabong, Welkom.

Volgens ao. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, het die 39-jarige vrou en twee vriende na ‘n naby geleë kuierplek geloop om bier te koop toe hul deur ‘n groep mans voorgekeer is.

Na bewering het die voorval omstreeks 03:00 Maandagoggend plaasgevind en het die verdagtes messe in hul besit gehad.

Die mans het glo een van die vroue na ‘n kamer in die G-hostel geneem en haar herhaaldelik verkrag. Hulle het gedreig om haar dood te maak sou sy enige geluid maak.

Sy is later deur ‘n man gered wat gemaak het asof hy haar ook wou verkrag. Die man het die slagoffer glo gehelp om deur ‘n badkamervenster te ontsnap.

Volgens die vrou het die mans ook haar ring en selfoon gesteel.

Die sewe verdagtes, tussen die ouderdomme van 25 en 35, is in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

Die polisie is steeds op soek na verskeie ander mans wat ook met die daad verbind kan word.

Volg Nuus24 op Twitter.
 

- SAPA

Lees meer oor: misdaad  |  verkragtings

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Wil Cosatu dan pleit dat as swart jongmense huisbraak pleeg en van witmense steel dat hulle net vrygespreek en verskoon moet word? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.