Mans vas vir moord op taxi-bestuurder
2011-10-25 12:21
Johannesburg – Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n taxi-bestuurder van Soweto, het die polisie Dinsdag gesê.
Die mans is Maandagaand by ‘n huis in Zola vasgetrek nadat die polisie ‘n wenk opgevolg het, het ao. Kay Makhubela gesê. Die verdagtes is onderskeidelik 41 en 50 jaar oud.
‘n Voetganger het gesien hoe die taxi-bestuurder stilhou, uit sy voertuig spring en begin hardloop het.
Twee mans in ‘n Toyota Corolla het hom agternagesit en op hom geskiet.
Volgens Makhubela is die man Sondag op die toneel dood nadat hy in die skouer getref is.
Die twee verdagtes sal Woensdag na verwagting in die Protea-landdroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA