Mans vas oor vuurwapens, dagga
2011-11-19 21:18
Durban – Drie mans is in hegtenis geneem nadat vyf vuurwapens, lewendige ammunisie en 40 kg dagga in hul besit gevind is, het die polisie in KwaZulu-Natal Saterdag gesê.
Die polisie het beslag gelê op twee AK47-aanvalsgewere, 11 lewendige rondes ammunisie en twee 20 kg sakke dagga, het lt.kol. Vincent Mdunge gesê.
Die mans is Vrydag in Estcourt in hegtenis geneem.
Een van die aanvalsgewere is glo in twee moorde, wat vroeër vanjaar in die gebied gepleeg is, gebruik.
Die mans sal Maandag in die Estcourt-landdroshof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA