Mans sterf in Groblersdal ná motor verskeie kere rol
2012-08-18 15:56
Johannesburg – Twee mense is dood in 'n motorongeluk buite Groblersdal in die Mpumalanga-provinsie, het paramedici van ER24-nooddienste Saterdag gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is nie duidelik nie, maar die voertuig het van die pad geloop en verskeie kere oor 'n afstand van 100 m gerol voor dit tot stilstand gekom het.
Albei insittendes, 'n man in sy laat dertigs en die ander in sy vroeë twintigs, het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.
Die ongeluk sal deur verkeersowerhede ondersoek word.
Volg Nuus24 op
Twitter.
– ER24