Mans met R1,7 milj. se perlemoen gevang
2010-01-29 04:25
Johannesburg – Die Valke het Donderdagmiddag twee mans in besit van R1,7 miljoen se perlemoen in Kaapstad in hegtenis geneem.
‘n Wenk het die polisie en lede van die Valke na ‘n huis in Bolandstraat, Durbanville gelei, waar hulle 11 373 perlemoen in twee vrieskaste gevind het, het kapt. November Filander, woordvoerder van die polisie, in ‘n verklaring gesê.
Twee mans van 24 en 39 is in hegtenis geneem en sal Maandag in die landdroshof in Bellville verskyn.
- Sapa