Mans lewenslank tronk toe oor verkragting
2010-10-17 00:42
Limpopo - Twee mans (21 en 22) is in die Limpopo-hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis op aanklag van verkragting, berig die SABC.
Die mans is daaraan skuldig bevind dat hulle 'n 14-jarige meisie in Tshisaulu in 2008 verkrag het.
Die meisie was op pad winkel toe, toe die mans haar gegryp en in 'n nabygeleë bos verkrag het.
Kapt. Mashud Malelo, 'n polisiewoordvoerder, het gesê die straf sal dien as 'n les aan ander misdadigers dat dit nie die moeite werd is om 'n misdaad te pleeg nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA